Johanna Brandt Profesieë
Die volgende voorspellings van Johanna Brandt, is verkorte weergawes van die
boeke, Die Millennium(1918), The Millenium-A Propetic Message to the Native Tribes of South Africa (May 1918)
Voorwoord
As pastoriemoeder van die Hervormde Kerk het Johanna Brandt op 1 Desember 1916 'n merkwaardige ondervinding
gehad terwyl sy langs haar moeder se sterfbed gewaak het.
'n Engel het aan haar verskyn en in vyf visioene aan haar 'n reeks ontstellende gebeure openbaar waarvoor
Suid Afrika hom nog sou moes klaarmaak.
Die visioene van JOHANNA BRANDT word nou vir die eerste keer in meer as 80 jaar weer aan die lesers
beskikbaar gestel.
Visioene
Rampe wat Suid Afrika gaan tref
Die nagaanval op Johannesburg
Suid Afrika, JAHWEH(God) se pêrel
*******
Waarskuwing
Waarskuwing aan die swart stamme
*******
Visioene
Rampe wat Suid Afrika gaan tref
Nog 'n keer het sy uit 'n kort , diep slaap ontwaak en steeds was die Boodskapper (Engel) langs haar bed.
Daar was hierdie keer 'n nuwe waarskuwing.
"Word wakker!" het hy uitgeroep. "Word wakker, want die tyd is kort en ek het nog een visioen om voor jou oë oop
te maak! Kyk! Kyk, die nabye toekoms van Suid Afrika! Wees sterk en moenie wankel nie, maak al jou kragte bymekaar
want ek vra jou nie om na die verskriklike toneel te kyk net om jou te pynig nie, maar om jou voor te berei vir die taak
wat jou opgelê sal word."
Die Boodskapper het Johanna 'n vreesike toneel laat sien van die verskrikkinge en die onheile wat nog in die toekoms
op haar geliefde land en volksgenote gewag het. Dit was so 'n ontsettende beeld dat sy van vrees uitgeroep het en bang
was die aanskou daarvan gaan haar laat beswyk. Met verskrikte oë het sy regop in die bed gesit en sy het gevoel hoe die
doodsweet oor haar gesig loop.
"Spaar! Spaar! Suid Afrika!" het sy beangs geroep.
"Wat sien jy!?" het die Boodskapper gevra.
Johanna vertel self: Ek het 'n pragtige land gesien wat deur 'n siedende orkaan geteister word. Die vreemdste vir my
was die onverwagsheid van die storm. So angswekkend was dit dat selfs die aarde gelyk het asof dit brul en beef
terwyl die bliksemslae en die gedonder van verwoede elemente die swart wolke uitmekaarskeur en toe 'n stortvloed
van vuur en haelstene op die aarde neergeslinger het. Oraloor was daar bloed en verwoesting wat gedreig het om alles wat
leef van die gesig van die aarde weg te vee. Ek het gesien hoe menslike gedaantes soos blare voor die wind uitmekaargejaag
en na alle dele van die land agtervolg word.
Vergelyk die profetiese uitspraak in die Bybel: Jesaja 29:5 - Maar menigte van jou vyande sal word soos dun stof,
en die menigte van die tiranne soos kaf wat wegwaai; en dit sal heeltemal onverwags gebeur.
Vers 6: Vanweë die HERE van die leërskare sal jy in genade besoek word, met donder en aardbewing en groot gedruis,
wind en storm en die vlam van 'n verterende vuur.
Dit was 'n skrikwekkende toneel wat my gedagtes tot vandag toe nog kwel. Maar dit was nie al nie. Die storm van wanhoop
wat Suid Afrika met vernietiging bedreig het, het gelyk asof dit oor die volle lengte en breedte van die aarde woed.
Dit het ook gelyk asof die duisternis van 'n verskriklike nag oor mens en dier toegesak het en baie siele het werklik,
net soos die Boodskapper gesê het, gebid dat die dood hulle moes verlos - maar tevergeefs.
Johanna het verder uitgebrei op wat sy in daardie verskriklike visioen gesien het:
Die uitbreek van die storm was vreemd en heeltemal onverwags. Dit was 'n angswekkende uitbarsting van ongekende woede!
En nadat Suid Afrika verwoes is het dit weer net so plotseling bedaar. Dit was maar van korte duur ten spyte van die
oorweldigende hewigheid daarvan...
Iemand het stilletjies by haar kamer ingekom en 'n koel hand op haar natgeswete voorkop gelê. Sy was egter gretig
om weer met die Boodskapper te praat.
"Laat my maar alleen om te slaap" het sy gefluister.
Die persoon het die vertrek weer stil-stil verlaat. Johanna het na die Boodskapper gedraai. Daar was net een gedagte
by haar. Met al die liefde wat sy vir haar volk en haar land gehad het, het sy andermaal gesmeek: "Spaar Suid Afrika!"
Die Boodskapper het na haar gekyk en geantwoord: "Moenie bevrees wees nie, o jy, onbevreesde! Het jy dan werklik gedink
dat daar in jou land geen Duisternis is om te oorwin nie? Verstaan jy nie dat as Suid Afrika die rampe gespaar word, hy
ook nie deel kan hê aan die komende heerlikheid nie? Nee, die tonele wat jy gesien het, is onvermydelik. Die rampe
waarmee Suid Afrika gedreig word, sal langsamerhand veroorsaak word deur haat en nyd, geweld, onreg en jaloesie. Die
storm is 'n uitbarsting waarteen niemand bestand sal wees nie, 'n storm van 'n langgekweekte agterdog, stelselmatige
kwaadstekery, huigelary, bedrog, verdrukking en bose hartstogte - al die kwaad wat oor die jare opgehoop en opgekrop
is, is in die harte van die volk. Wat mense saai, dit moet hulle ook maai. Hulle het wind gesaai en hulle sal storm maai.
In Suid Afrika, meer as enige ander land in die wêreld, het hulle die knie gebuig voor die god van goud. Met wraaksug
en bittere onversoenbaarheid aan die eenkant en onreg, geweld en hebsug aan die anderkant, is die terrein lankal reeds
in honderdduisend harte in Suid Afrika voorberei vir hierdie storm van vergelding wat aanstons moet kom."
"Moenie bevrees wees nie! Jy het gesien dat die uitbarsting kort van duur sal wees. Jy is geroep om jou volk te
waarsku deur 'n lewende voorstelling te maak van die toneel. Berei die volk voor om in geregtigheid verenig te
wees in 'n poging om die mag van die storm te breek. Voorwaar, ek sê vir jou, die oordeel wat nie afgeweer kan word
nie, kan versag word - die verskrikking kan verkort word. Die rampe kan nie vermy word nie, maar dit kan verminder word.
Dit hang af van jou getrouheid. Dit hang af van die krag van jou oproep en of die volk daaraan gehoor sal gee..."
Die nagaanval op Johannesburg
Oor 'n bloedbad wat in Suid Afrika sou plaasvind het die Boodskapper aan haar gesê: "Kyk!" Sy het gekyk en voor haar 'n
miniatuur assegaai op die grond sien lê. Dan sien sy die begin van 'n staking wat gou-gou dwarsoor die land versprei
en hoog bo in die lug hang die letters XL. Alles staan, selfs die groot besighede is gesluit en verlate, niks
funksioneer meer nie.
Die stakings is so groot dat die hele land lamgelê word. Terwyl hierdie staking aan die gang is, organiseer die swartes
in die geheim en kom in een nag bymekaar in Johannesburg. Dan gebeur dit vinnig en onverwags - hulle sny die
kragverbindings binne en rondom die stad af.
Hierna, sien sy, vaar hulle die blanke gebiede in en vermoor ons mense voor die voet. Duisende en duisende gaan sterf
in daardie 'Egiptiese nag' wat oor die Blankes in Johannesburg gaan toesak.
"Toe ek in die visioen die talle verminkte lyke rondom my sien lê, het ek geskok en hardop uitgeroep: 'Dit kan tog nie
wees nie, want daar is nie so baie mense in Johannesburg nie!'"
Vanweë die verskrikking van hierdie gesig het Johanna Brandt ineenenkele nag heeltemal grys geword. Sy was ook so geskok
en verbysterd dat sy vir dae lank nie eens met haar man daaroor kon praat nie.
"Die wyse waarop hulle die blankes vermoor het, is te afgryslik vir woorde, skryf sy. Soos meer as 150 jaar gelede by
Bloukrans, het ek gesien hoedat die swartes Blanke babas aan die voete vat en hulle koppies teen die naaste harde
voorwerpe vergruis. Die gille was ontsettend. Vrouens en kinders, oud en jonk, is voor die voet afgemaai met gewere,
assegaaie, knopkieries, kapmesse of enige soort wapen wat die swartes in die hande kon kry. Mense het probeer vlug, maar
is ingehaal, doodgemaak en net so in hulle bloed laat lê. Daar was oral bloed - op die strate, op die sypaadjies,in die
huise, woonstelle en winkels."
"Toe die dag breek, het ek gesien hoe die swart hordes in die rigting van Pretoria beweeg. Dit was die teken vir die
ander swartes in die land om ook tot die aanval oor te gaan en om in hul eie dorpe die Blankes stelselmatig uit te moor.
Sy het ook gehoor hoe hulle onder mekaar na hierdie dag verwys as Our Great Day.
In die tyd sal Europa, maar veral Engeland 'n hongersnood beleef waarin miljoene gaan sterf."
Sy vertel dan verder oor die gebeure in die buiteland: "Duitsland sal in die tyd wanneer mense in ander lande van
hongersnood omkom, die kosmandjie van die wêreld wees, en, weer net soos Egipte destyds, die wêreld van kos voorsien."
Oor Suid Afrika het sy gesê: "Ons sal die land van die toekoms wees. Daar is kosbare minerale in ons grond wat nog nie
eens ontdek is nie en wat ons land op die voorpunt van alle ontwikkeling in die wêreld sal plaas. Daar is ook nog ander,
ongekende rykdomme in die grond (die Krugermiljoene) wat nog deur die Boervolk self uitgehaal sal word. God se seën
sal weer op ons rus...Want ons is die uitverkore volk van God..."
Suid Afrika, JAHWEH(God) se pêrel
Die feit dat Suid Afrika nie so erg sou deurloop as die res van die wêreld nie, was darem 'n troos. Die Boodskapper
het aan Johanna gesê dis omdat God Suid Afrika gekies het as 'n spesiale instrument waardeur die hele wêreld
geseën sou word. Hy het ook 'n spesiale waarskuwing met 'n besondere doel aan die mense van hierdie land gerig.
Maar weet dit, het die Engel aan haar gesê, hierdie Boodskap van profetiese waarskuwing sal eerder deur die eenvoudige
en onbedorwe mense van die wêreld geglo word, en wanneer die tyd kom vir die profetiese rampe vir hierdie land om vervul
te word, sal die ganse wêreld sien hoe deeglik julle voorbereid is en hoe goed julle daartoe in staat is om jul probleme
die hoof te bied. Hulle sal sien dat julle dapper is en ten volle vertrou in die aangesig van die grootste gevare, dat
julle kalm bly onder die siedende woede van die storm, dat julle jul plig doen ten spyte van die gevare en
beproewinge, en hulle sal die getuienis van julle voorbeeld aanvaar en gedwing word om dit te volg sodat hulle gered
kan word op die Groot Dag wat gaan kom.
God ontferm Hom oor Suid Afrika! het Johanna besef, maar dis nie al nie - daar is ook voorwaardes en verantwoordelikhede
wat by die volk berus. Sy gaan dan voort: "O volk van Suid Afrika, groot is die offer wat van jou gevra word! Groot die
verantwoordelikheid wat op jou rus! Jy sal die boodskap deur die geloof alleen aanneem, sonder bewys, sonder hoër
outoriteit van die geskrewe woord - maar die wêreld sal dit aanneem deur die getuienis van die vervulling van die
profesieë van die rampe wat oor jou moet kom! Deur jou lyding dus!"
Die offer waarna sy verwys en wat van Suid Afrika gevra word, is die offer van volkome geloof. Suid Afrika
is 'n pêrel in die oë van ons Heer, het die Boodskapper haar meegedeel. Want hier in Suid Afrika sal die eerste
groot wonders van die nuwe eeu van Openbaring plaasvind. Deur Suid Afrika sal die wêreld gedwing word om te glo
dat die Wederkoms van die Saligmaker op hande is.
Dan gaan sy verder: "'n Pragtige lig, nie van hierdie wêreld nie, het oor die troostelose toneel gespoel en ek het in
verwonderde eerbied gestaar. Ek het die glorieryke en verhewe Teenwoordigheid van ons geliefde Meester in ons midde
gesien - hier in Suid Afrika. En dit was die hele betekenis van die visioene wat ek gesien het - dat Jesus
Christus onse God na ons sal kom wanneer die storms van suiwering en voorbereiding verby is en die mense se harte
deur lyding gereed gemaak is om Hom te ontmoet."
Die Wederkoms van Christus na die nag van storm, skryf Johanna, sal met groot verrassings gepaard gaan, want die
nederige en veragte sal verhoog word, en die hovaardige sal tot in die stof verneder word.
In hierdie stryd tussen Lig en Duisternis, word menslike werktuie aan beide kante gebruik. En hulle is gewillige
werktuie. Daar is nie so iets soos dwang nie, vrywillig kies ons elkeen die kant waar ons wil staan. Daarvoor het God
die stem van die gewete in ons binneste geskep. Ons weet dus dat in hierdie laaste stryd tussen goed en kwaad ons self
besluit waar ons wil staan."
Na hierdie nag van verskrikking, het sy die dag sien breek, en dit was asof die Hemel oor Suid Afrika neergedaal het...
Waarskuwing
Waarskuwing aan die swart stamme
Wanneer die eerste skokgolwe hierdie land tref, het die Boodskapper aan Johanna gesê, moet die inboorlinge en gekleurde
mense weet dat dit geen gewone storm wat oor Suid Afrika losbars nie, en Hy het voorts gewaarsku:
Dit is die groot voorbereiding van die Dag van die Here, en wee hom wat dit selfs net bedink om voordeel te trek uit
die algemene verwarring, wanorde en troosteloosheid wat dan oor die land sal heers, of hy wat die hulpeloosheid van die
mense sal uitbuit! En wee hom wat daaraan dink om te moor en te steel, te verkrag en te vernietig!
Verder het die Boodskapper die swart mense van hierdie land spesiaal gewaarsku dat hulle hul stil en eenkant moet hou
in die donker dae wanneer die angs en beproewinge oor die witmense gaan kom.
Hulle mag geen hand hê in die verdrukking en swaarkry nie, hulle mag nie ou griewe probeer regstel nie. Dit maak nie
saak wat hulle griewe is nie, en dit maak ook nie saak hoe geregverdig hulle ontevredenheid is nie - hulle mag nie
wraak soek indie uur wat dan op hande is nie. Daar is Een wat sê: "Die wraak kom My toe, Ek sal vergeld!" want die
komende smarte is alleen in Sy Hand.
Johanna Brandt verduidelik dan self wat hierdie waarskuwing inhou: "Dit is aan my geopenbaar deur die Boodskapper van
God dat die gevare wat vir Suid Afrika voorlê, 'n duisend keer erger sal wees as die swartmense gaan inmeng; want dit
sal in die mag van die verskillende stamhoofde wees om hulle mense te beheer en hulle nadruklik te verbied om deel te
neem aan enige iets wat mag gebeur.
Om hierdie rede sal die Boodskap betyds aan hulle uitgestuur moet word. Hulle moenie onder hulleself veg nie, hulle
moenie uitgaan om te steel en te moor nie. Wanneer mense dakloos oor die land verstrooi is en die elemente woed,
wanneer die magtige dreuning van vernietiging die aarde skud, moet hulle so kalm as moontlik bly net daar waar hulle
is en niks anders doen as om hulleself te verdedig nie!"
"Want die oordeel sal swaar wees op enigeen van hulle wat hierdie bevel van die Almagtige ignoreer."
Meer as 80 jaar gelede (Maart 1918) het Johanna Brandt geen moeite ontsien om die Boodskap in Engels, Sesoetoe,
Zoeloe en Xhosa te laat druk en onder die swart bevolking te versprei nie.
"Waarom dan hierdie spesifieke boodskap aan die swart volke van Suid Afrika?" wou Johanna van die Boodskapper weet.
Sy antwoord was ondubbelsinnig en duidelik: "Want in daardie tyd sal God met die Boervolk in die gerig gaan en hulle
deur die smeltkroes neem weens hulle gruwelike sondes en ongeregtigheid.
Maar omdat die swart volke niks daarmee te doen het nie, moet hulle hul net stil gedra en op hulle plek hou,
anders wag daar veel erger dinge op hulle. God is regverdig en as die swart volke in hierdie laaste, ontsettende
oordeel vernietig gaan word, sal hulle nie kan sê: Maar ons is nie eens gewaarsku nie!"